18 January 2010
Wiel
WIEL kondig 2010 se SUPER 16 kategorie-wenners aan
comments: 0
WIEL Motortydskrif het sy 2010 nuwe-motor klaswenners in sestien verskillende voertuig-kategorieë bekend gemaak. Nuut beteken egter nie dat dit noodwendig beter moet wees nie – soos die feit getuig dat etlike wenners in sommige klasse net so van 2009 (en selfs 2008) oorgedra is.

“Al is sekere 2009-wenners herkies, beteken dit nie dat weinig in die laaste jaar in hul onderskeie segmente verander het nie, bloot dat dié rygoed hulself kan handhaaf teen nuwe mededinging in daardie afdeling,” aldus François Rabe, redakteur van WIEL.

Volgens Rabe is die bevindings gegrond op die WIEL-redaksie se ervaring ná formele en informele evaluering van etlike honderde voertuie in die loop van 2009.

Beoordeling is gedoen op grond van die WIEL-redaksie se kennis en ervaring van elke modelreeks gemeet aan ‘n potpourri kriteria bestaande uit die vlak van gehalte, veiligheid, dinamika, praktiese kenmerke, ontwerp, herverkoopwaarde en elemente soos rugsteun en diensgehalte.

Volgens Rabe het in die voorafgaande maande etlike bekende handelsmerke of modelreekse van die pryslyste geval. Etlike Chinese het van die kaart verdwyn – en kom weer terug! – en verskeie vervaardigers het individuele modelle waarvan afset baie laag is (meestal ingevoerde motors) gestaak.

“Desnieteenstaande is daar sóveel opsies in die mark – wat model-keuse en diversiteit betref het Suid-Afrikaners steeds een van die uitgebreidste keuses in die wêreld en is ons mark uiters gesofistikeerd gemeet aan globale standaarde. In die jaar wat kom sal ongeveer 50 splinternuwe modelle hulle tot die keuse voeg,” het hy gesê.

“Ten einde ‘n aanbeveling te maak van wat is die ‘beste’ motor in ‘n bepaalde afdeling, is daar holisties na elke modelreeks gekyk, nie net na hoe hy lyk en hoe hy ry nie,” het Rabe gesê. Die 2009 klaswenners is as volg:

Supermini : Chevrolet Spark
Naaswenners: Kia Picanto, Fiat Panda

Klein gesinsmotor: Suzuki Swift
Naaswenners: Ford Fiesta, Honda Jazz

Gesinsmotor: Toyota Corolla
Naaswenners: Ford Focus, Honda Civic

Blitsbuks: Ford Focus ST
Naaswenners: Clio Renaultsport, Honda Civic Type R Medium motor: Honda Accord
Naaswenners: Mazda6, VW Passat

Premium motor: Mercedes-Benz C-Klas
Naaswenners: Audi A4, BMW 3-Reeks

Weeldemotor: Jaguar XF
Naaswenners: BMW 5-Reeks, Audi A6

Groot weeldemotor: Mercedes-Benz S-Klas
Naaswenners: Audi A8, Mercedes-Benz CLS

Mini/Klein MPV: Mazda5
Naaswenners: Nissan Livina, VW Caddy Life Maxi

Groot MPV: Kia Sedona
Naaswenners: VW Caravelle, Mercedes-Benz R-Klas

Klein SUV: Land Rover Freelander
Naaswenners: Honda CR-V, VW Tiguan

Medium/weelde SUV: Land Rover Discovery 3
Naaswenners: Range Rover, Toyota Land Cruiser 200

Bakkies (enkelkajuit): Toyota Hilux
Naaswenners: Nissan NP200, Opel Corsa Utility

Bakkies (dubbelkajuit): Ford Ranger/Mazda BT-50
Naaswenners: Nissan Navara, Toyota Hilux

Verrigtingsmotor: Porsche Cayman S
Naaswenners: Mercedes-Benz C 63 AMG, BMW 135i

Supermotor: Nissan GT-R
Naaswenners: Porsche 911, Audi R8

Oopmotors/roadster: Mazda MX5
Naaswenners: Porsche Boxster, Jaguar XK

Die volledige uitslag met ‘n tegniese beskrywing en opsommende besonderhede van elke motor verskyn in die Februarie-uitgawe van WIEL.


 
   
Comment headline:  
Comment:  
   
Name:  
 
Please type the characters:  

 
 
 
 
alt